donderdag, juni 13, 2002

Helde-ontvangs vir Ons Seuns

Daejeon (Suid-Korea). - Ofskoon Suid-Afrika se sokkerspan nie die tweede ronde van die Wêreldbeker-toernooi kon haal nie, kan die hele land die Bafana Bafana Donderdag met trots terug verwelkom.

Só het Jomo Sono, tussentydse afrigter van die SA span, Woensdag gesê nadat die Bafana Bafana met 2-3 teen Spanje verloor het in hul laaste groepwedstryd.

Paraguay het die SA span naelskraap om die tweede plek in Groep B geklop nadat albei lande met vier punte - en 'n doeleverskil van 0 - geëindig het. Die Suid-Amerikaners het egter een doel meer as Suid-Afrika aangeteken en sodoende hul plek in die volgende ronde bespreek.

Tuisblad Beeld

Geen opmerkingen: